De facto

De facto is 'n Latynse uitdrukking wat "feitlik", "in praktyk" of "volgens gebruik" beteken wat nie uitdruklik in die wet voorgeskryf word nie. Dit word algemeen gebruik in teenstelling tot de jure (wat beteken "volgens wet") wanneer daar verwys word na sake aangaande die wet, regering of tegnieke (soos onder andere standaarde), wat aangetref word uit alledaagse ervaring soos geskep of ontwikkel sonder of in stryd met 'n regulasie. Wanneer dit betrekking het op 'n wetlike onderwerp verwys de jure na wat die wet sê, terwyl de facto verwys na aksies wat gebeur in algemene praktyk.

Die term de facto mag ook gebruik word wanneer daar geen relevante wet of standaard bestaan nie, maar die algemene praktyk goed gevestig is, selfs al is dit nie heeltemal universeel nie.

  • 'n De facto regering is een wat homself onderhou deur 'n suksesvolle magsvertoon teen die wil van die regmatige wettige regering, selfs al is dit net tydelik en dan sodoende die instellinge van die regmatige wettige regering dwarsboom deur sy eie instellinge daar te stel in die plek daarvan.[1]
  1. Wortham v. Walker, 133 Tex. 255, 128 S.W.2d 1138, 1145. Black’s Law Dictionary 4th Edition (1951) page 504.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search